smarties

Monday, July 25, 2005

Nuwe blyplek


Ek het getrek na 'n groter beter plek toe met meer lugreelaars, my vorige plek het beknop geraak , veral as die kinders met hul fietse en dinge begin rondjaag. Hierdie nuwe plek is op die rand van die see. Hier sit Ansie en Carina en eet ontbyt , foto vanoggend geneem. Die see is ong 6 meter van die gebou af. Dit was effens bewolk vanoggend, darom lyk die see effens deinserig op die foto. Die plek se vloer oppervlakte is seker so groot soos ons huis by Harties, indien nie groter nie, met 'n klomp air cons in - ek haat dit om te sweet !

Swem voor die woonstel


Ons bly op die 1e vloer, dit is een stel trappe af, om die gebou en dan in die see. Dit vat seker nie meer as 90 sekondes vanaf die voordeur tot in die water nie. Carina swem al heel fluks met haar tjoepie, skop al mooi en roei met die arms. Die water is lekker en daar is ook heelwat rots poele waar mens kan snorkel by die woonstel.

Swem


Foto geneem van my stoep / balkon af. Mens kan nou waardeer hoe naby die water aan die woonstel is.

Mia Verjaar


Van die maatjies by die verjaarsdag. Die partytjie was dalk effe vroeg, want die kinders het nie vreeslik baie geeet nie, meer die Barbie DVD geniet en koeldrank gedrink. Mia het darem 'n klomp mooi persente gekry.

Mia se verjaarsdag


Mia se tweede verjaarsdag met van die maatjies. Dit was so 2 ure voor ons na die nuwe plek toe getrek het, en die kinders , by name Mia, het die plek lekker besmeer met koek en sweets. Ons mooes eers weer alles skoonmaak voor ons kon begin trek na my nuwe blyplek

Ons 10e huweliksherdenking


Paartie vir ons 10e huweliksherdenking. Ons wou graag Dooie see of Cyprus toe gegaan het, maar dit sou te moeilik met die kinders wees. Ons het toe maar belsuit op 'n paartjie op die strand en ek en Ansie sal later op ons eie bietjie weggaan.

Dit was 'n ongelooflike 10 jaar, en ek kan met eerlikheid se ons het nog nooit op mekaar geskree of mekaar in die openbaar verneder nie, dit kom maar basies neer op respek vir mekaar en volwassenheid van optrede. Ons trek wel mekaar se siele uit somtyds, maar dit word op 'n gesonde grondslag gedoen. Sy word soms kwaad vir my omdat ek so morsig is en ek vir haar omdat sy somtyds presies die teenoorgestelde doen was wat ek vir haar gese het om te doen, maar dit is klein goedjies wat seker ook daar moet wees.

Ons het getrou 22 Julie 1995 met basies niks op ons naam nie, behalwe vir 'n haarknipper boksie vol kontant, amper R 11,000.00 dink ek, van Ansie se ouers en vriende ens wat almal iets gegee het, daarmee kon ons die basiese goed koop om huis op te sit. Ek moes selfs Ansie se pa se Peugeot leen om op Honeymoon te kon gaan ! Mag die volgende 10 jaar net so geseend soos die eerste 10 wees.


Partytjie van Maya, vriendin van Carina. Die partytjie is sommer voor die woonstel blok gehou. Was baie lekker vir die kinders en Carina het tot saamgedans.


Aandete by 'n vriend van my, Mustafa. Sy ouers het jare in Sierra Leone gewoon. Tipes soos in die Midde Ooste, word daar kos gemaak vir 3 keer meer die gaste wat verwag word. Van die beste etes in my lewe het ek geeet by Mustafa se huis, dit is 'n memgsel van Arabiese kos met spicy Afrika kos. Sy ma praat en Arabies en Frans en 'n paar woorde Engels, maar tog het sy en Ansie mekaar mooi verstaan en lank gesels.

Hard Rock Cafe


Hier is Carina in die Hard Rock Cafe in Beirut, die baadjie agter haar was gedra deur Prince in die fliek "Purple Rain", ek wou graag wys hoe klein die fokker is deur Carina as verhoudingsvoorwerp te gebruik.

Monday, July 04, 2005

GROETE UIT LEBANON

Ansie en die kinders het Saterdag die 25e Junie geland in Beirut die oggend so net na ses. Met skaars twee ure se slaap, toe begin die kapperjolle. Ons het seker die twee mees aktiefste dogtertjies in die wereld en hulle is regtig 'n handvol. Ek kry sommer baie respek vir Ansie as ek sien hoe sy hulle hanteer en besig hou, ek kan nie glo daar is sommer 'n beter, meer geduldiger ma nie.

Ek slaap net moerse min, want die son sak eers teen 20h30 en die kinders raak rustig teen 22h30 en gaan slaap teen 23h00. Deur die nag kom spring hulle nog op ons bed en kry dit reg om ons af te skop, so mens word nog 'n paar keer deur die nag wakker. Ek kon teen die naweek voel ek is vodde en toe Ansie hoender bak en kos maak gister, toe pass ek uit vir seker 3 ure - en ek slaap NOOIT in die middae nie.

Hier onder is 'n paar foto's van ons aktiwiteite die week, sal volgende Maandag nog 'n paar opsit.

Cheers, Johan


Besig om roomys te eet in die kar. Die arme kar weet ook nie wat hom tref nie, daar is seesand gemeng met koeldrank, sweets, koekiekrummels en roomys regoor die kar se binnekant. Ongelooflik die verwoesting wat die twee kan saai as hulle so "stil" agter die kar raak.

Swem


Hier is die twee kabouters in die water. Die see is nou lekker warm, maar die dae raak effens te hittig. Hierdie foto is Sondag oggend geneem so teen 10h00, toe was dit seker al naby 30 grade. Die twee het hul pa se vel geerf want hulle is al goudbruin. Hoop maar hulle is so slim soos hulle ma.... Mia is nou op die staduim waar sy haar swemklere uitrek, en sy doen dit gereeld. Op die strand het sy haar wit boutjies gereeld geflash vir almal, en sy doen dit goed, want sy hardloop rond as sy kaal is.

Fiets ry


Hier is die twee stouterts op hulle Barbie fietse. Die maatjie in die middel is Maya. Carina ry al heel oulik, maar Mia is nog te dom, ons stoot haar maar rond.

The Rocks

Hierdie plek is op die punt van die eiland. Die seuntjie regs in die water staan in 'n uitgekapte swembad (vierkantige swemplek dur die Romeine uitgele) wat 'n lekker swemplek vir kinders is. Hier is Ansie en Carina besig om watlemoen te eet.

Aandete op die strand


Aandete saam met van my werksmense. Sien posting onder. Links agter is Ansie en regs agter is Carina se gesig.

Restourant op die strand


Hierdie strand is so 100m van my woonstel af. Die hele strand se lengte is gepak met strand-restourante wat hoender en vis braai met ander Lebanese kosse. Hier sit Ansie en kiddies onder een en geniet 'n bier