smarties

Monday, July 25, 2005

Ons 10e huweliksherdenking


Paartie vir ons 10e huweliksherdenking. Ons wou graag Dooie see of Cyprus toe gegaan het, maar dit sou te moeilik met die kinders wees. Ons het toe maar belsuit op 'n paartjie op die strand en ek en Ansie sal later op ons eie bietjie weggaan.

Dit was 'n ongelooflike 10 jaar, en ek kan met eerlikheid se ons het nog nooit op mekaar geskree of mekaar in die openbaar verneder nie, dit kom maar basies neer op respek vir mekaar en volwassenheid van optrede. Ons trek wel mekaar se siele uit somtyds, maar dit word op 'n gesonde grondslag gedoen. Sy word soms kwaad vir my omdat ek so morsig is en ek vir haar omdat sy somtyds presies die teenoorgestelde doen was wat ek vir haar gese het om te doen, maar dit is klein goedjies wat seker ook daar moet wees.

Ons het getrou 22 Julie 1995 met basies niks op ons naam nie, behalwe vir 'n haarknipper boksie vol kontant, amper R 11,000.00 dink ek, van Ansie se ouers en vriende ens wat almal iets gegee het, daarmee kon ons die basiese goed koop om huis op te sit. Ek moes selfs Ansie se pa se Peugeot leen om op Honeymoon te kon gaan ! Mag die volgende 10 jaar net so geseend soos die eerste 10 wees.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home