smarties

Thursday, April 26, 2007

Sodwana April 2007

Hier is 'n paar random fotos van die Sodwana vakansie. Meeste van die fotos was deur Elize geneem en die res deur ek en Ansie. Al was dit nou net 4 nagte het ons nogal baie gedoen en beleef, die reen het dit net meer van 'n avontuur gemaak....
















Carina en Mia kou aan 'n Sodwana - roomys

















Die helder sonskyn dag nadat die meeste terug is Pretoria toe (geplaas as bewys dat die son wel skyn op Sodwana).















Die strand permit wat nou toelaat om tot mt 9 Myl rif noord te ry en suid tot by die poele waar ons gewoontlik gesnorkel het tydens ons vakansies in die 90's. Verseker die moeite werd. Ek het met harde bande gery en eers met die omdraai-slag gesien watter diep spore hierdie swaar bakkie in die sand druk met sy stywe bande. Ons het dit toe effens afgeblaas en die spore was vlakker en dit het atuurlik die petrol vebruik ook verbeter (of so dink ek, Bono sal my seker later reghelp, hy verstaan die tipe dinge beter as ek)
















Ons het aanvanklik verby 9 myl rif gery en na ong 20 km besef ons is verby. Ons het oppad terug by 9 myl rif gestop en eers bietjie geswem.















Elke ouer dink seker sy kinders is die mooiste, maar ek is oortuig Carina het 'n fotogeniese gesig.















Uitsig vanaf die stoep van die chalet wat ons gehuur het. Was nogal aangename akkommodasie na die nag in die water by Seadog.
















Op die stoep van die chalet tydens ons braai. Christo het vroeg gefade, was velle toe voor 9 uur. Party van ons kan die punch vat, ander weer nie..















Die kinders het deur die reen en wind steeds bly speel, een van die grootste dryfvere om weer daar te gaan vakansie hou is die feit dat die kinders dit baie geniet.















Johan en sy wip.
















Ek is regtig sleg met name, hierdie is Jaques en Annelie se seuntjie, maar het nou sy naam vergeet !
































IL DIVO se moer !
















Oppad 9 myl rif toe deur die resevaat.




























Ontbyt by Seadog
















Hierdie foto het ons op die snelweg geneem toe ons deur Witbank is. Agter op die karaan staan "Kam Die aap Se Hare". Enige idee wat dit dit sou beteken? Ek en Ansie kon nie hierdie een uitwerk nie.















Daar was 'n totaal van sewe kinders, kleuters en peuters in die groep. Moes met tye soos 'n kleuterskool uitstappie gelyk het.















Bono besig met 'n diep gesprek, ek is seker dit het sin gemaak...















Einde van die storie. Dit was 'n kort maar besige vakansie. Ons Smitte van Harties is weer daar komende Desember en ek verstaan Christo en Con hulle het alreeds 'n chalet bespreek vir volgende jaar April. Lyk my dus die reen het darem nie almal so erg afgeskrik dat hulle nie weer Sodwana toe wil kom nie. Nou nog net vir Ashley oortuig die plek is eintlik moerse as die son skyn.

1 Comments:

  • Dis nou 'n verrassing, Ansie! Nie 'n clue gehad jy's ook deel van die 'blogging team' nie! Stunning pics! En dankie vir die comment ;)

    By Blogger Mish, at 1:37 AM  

Post a Comment

<< Home