Sodwana 2006
Hier volg 'n paar fotos van ons vakansie in Sodwana.
Ons kampplek. Voor die karavaantent het Carina, Mia en die kamp se maatjies 'n permanente modderdam onderhou, tot konsternasie van Ansie en die maatjies se ouers. Van al die plekke waar Carina en Mia al was, het hulle die plek verseker die meeste geniet en daarom het ek en Ansie besluit om ons "gerief" effens op sy te skuif en vervolgens weer van die kampplek gebruik te maak in die vervolg, volgende keer sommer komende April. Die ablusie is darem heelwat beter as by die hoofkamp en die kamp terrein is baie veilig, komplimente van Oom "Vern" - nie sy regte naam nie (naam eintlik "Dave"), Christo noem hom so om een of ander rede, en ook 3 mensvreter honde wat die perimeter patrolleer. Een van die brakke het in die aande voor ons tent geslaap en as dit reen, binne die karavaan tent. Seker daarom dat Bono 'n bosluisbyt opgedoen het. Die mense was oorwegend Afrikaanssprekend, maar nie "rooi-oog Afrikaners" met ou-SA vlae en dinge nie. Ek kan nie onthou dat politiek in enige gesprek opgekom het nie, almal was te besig om 'n goeie tyd te he.
9 Myl rif se parkeerplek en strand. Die pad daarheen loop deur 'n resevaat, die pad is egter 'n sanderige twee-spoor pad, gelukkig het Bono se bakkie darem 'n diff-lock gehad.

Nuwe-jaarsparty. Dit was 'n raserige affere en ek kan nie onthou wanneer laas ek en Ansie op 'n nuwe-jaarsparty gedans het nie. Dit was regtig lekker, daar was mense van oud tot jonk en die musiek was meer 80's en ook baie Afrikaans. Die laaste uur voor Nuwejaar het "De La Rey" van Bok van Blerk seker 5 keer gespeel - teen daardie tyd het almal al die woorde geken en dit was 'n helse geraas soos almal probeer saamsing. Die warmste persoon van die aand? Loshande Ruan, soos die fotos ook wys. Meeste mense sou die partytjie (en seker die hele kampeer plek) as "common" afgemaak het, maar "common" is die nuwe gier EN DIT IS LEKKER !!

Ontbyt in die gemeenskaplike kombuis, 'n uiters gesellige plek om mense te ontmoet. Die lekkerte egter was dat jy alles net so kon los as jy klaar is, daar is bediendes was skoonmaak en opwas. Selfs die eetware en kookware word voorsien.

9 Myl rif se parkeerplek en strand. Die pad daarheen loop deur 'n resevaat, die pad is egter 'n sanderige twee-spoor pad, gelukkig het Bono se bakkie darem 'n diff-lock gehad.
Ou-jaarsdag potjie. Die reen en wind hou die Smitte nie weg van 'n party af nie, die seil regs het Bono opgesit toe die wind die reen onder die cazebo begin inwaai het. Soos gewoontlik het die musiek gepomp uit Christo se kar uit. Soos kan sien, ons oujaarsaand ete is in styl geeet, let op die kerse op die tafel.

Nuwe-jaarsparty. Dit was 'n raserige affere en ek kan nie onthou wanneer laas ek en Ansie op 'n nuwe-jaarsparty gedans het nie. Dit was regtig lekker, daar was mense van oud tot jonk en die musiek was meer 80's en ook baie Afrikaans. Die laaste uur voor Nuwejaar het "De La Rey" van Bok van Blerk seker 5 keer gespeel - teen daardie tyd het almal al die woorde geken en dit was 'n helse geraas soos almal probeer saamsing. Die warmste persoon van die aand? Loshande Ruan, soos die fotos ook wys. Meeste mense sou die partytjie (en seker die hele kampeer plek) as "common" afgemaak het, maar "common" is die nuwe gier EN DIT IS LEKKER !!
0 Comments:
Post a Comment
<< Home