smarties

Sunday, March 27, 2005

Jeita grotte


Ongelooflike display van stalagniete en stalagtiete Posted by Hello

Die Jeita grotte is noord van Beirut. Dit voel of jy in 'n sprokie instap as mens deur die grot loop. Mens loop nie op die grond nie, maar op 'n beton paadjie op pilare wat mens dan soortvan in die middel van die grot plaas. Die nadeel was natuurlik dat mens meeste van die tyd spandeer het om Carina en Mia te keer dat hulle nie van die paadjie afdonner nie. Veral Ansie het groot gdeeltes gemis waar sy agter Mia aangehardloop het.

Grot no. 2 Jeita


Grot no. 2 gevul met water Posted by Hello

Die tweede grot is gevul met water, en hier word mens met 'n boot deur die grot gevat.

Friday, March 25, 2005

Mmmm........ daardie heerlike soutsmaak


'n Ou gunsteling... gaan haar nog ry in haar tienerjare. Posted by Hello

Hartbeespoort


Darem 'n mooi gedeelte van die land waar ons bly... Posted by Hello

Hierdie is meer 'n toets om te kyk hoe werk Picasa, jy moet eers jou fotos op die web laai en dan na jou Blog toe, kan nie direk van jou rekenaar se files aflaai nie. Anyway, nou kan ek darem fotos post ook.

Thursday, March 24, 2005

Die Smitte Blog nou

Welkom by Smarties, die Smitte van Harties se Blog (Smitte , Harties = Smarties). Ja ek weet dit is fokken cheezy maar is babelaas en het oor die algemeen min verbeelding.

Moet nog die ding uitsort, maar sal dit meer seker gebruik vir news updates , fotos van ons reise ens. Hier is die eerste notice: mens kan op Sodwana se strand ry, maar slegs 300 voertuie word per dag toegelaat. Jy moet 'n permit kry die vorige dag om 16h00 (elke dag). Ek en Ansie het besluit om teen November 'n 4x4 te koop (kyk op hierdie oomblik na 'n 110 Land Rover) , maar dit lyk my dit is meer sinvol om die op die grens van 'n seisoen te doen, soos begin Januarie of begin Desember. Daar sal genoeg mense wees om 'n vakansie vibe te gee en te min mense om die permit issue in 'n drama te laat ontaard.

Verder land ek die 8e April, dan gaan ons die eerste naweek rondle in die wildtuin. Verder my boot uitsort en die ding vir 'n slag behoorlik gebruik, baie braai (vark ribbetjies) en saam met die Snymans Leeupoort toe gaan.

Ek het nog net 3 vakke oor van die MBA en 'n skripsie, so as alles goedgaan behoort ek die graad voltooi te he teen November, moer bly daaroor want van die vakke begin my gat nou erg te krap. Hierdie semester is dit Change Management wat my teen die muur opjaag. Ek kasn met eerlikheid se al vakke wat ek werklik van waarde gevind het was Rekeningkunde, Koste rekeningkunde, Statistiek, Finansiele Bestuur, Kwantitatiewe besluitnemingsmetodes en Technology and Innovation. Die res is 'n klomp stront. Was dit die moeite werd? wel ek sal sien of my bemarkbaarheid enigsins verbeter het, maar persoonlik het ek nie vreeslik baat gevind uit die kursus uit nie.

Goedgaan, sal later weer 'n posting doen en hoop om uit te sort hoe mens 'n foto kan plaas.