smarties

Thursday, March 24, 2005

Die Smitte Blog nou

Welkom by Smarties, die Smitte van Harties se Blog (Smitte , Harties = Smarties). Ja ek weet dit is fokken cheezy maar is babelaas en het oor die algemeen min verbeelding.

Moet nog die ding uitsort, maar sal dit meer seker gebruik vir news updates , fotos van ons reise ens. Hier is die eerste notice: mens kan op Sodwana se strand ry, maar slegs 300 voertuie word per dag toegelaat. Jy moet 'n permit kry die vorige dag om 16h00 (elke dag). Ek en Ansie het besluit om teen November 'n 4x4 te koop (kyk op hierdie oomblik na 'n 110 Land Rover) , maar dit lyk my dit is meer sinvol om die op die grens van 'n seisoen te doen, soos begin Januarie of begin Desember. Daar sal genoeg mense wees om 'n vakansie vibe te gee en te min mense om die permit issue in 'n drama te laat ontaard.

Verder land ek die 8e April, dan gaan ons die eerste naweek rondle in die wildtuin. Verder my boot uitsort en die ding vir 'n slag behoorlik gebruik, baie braai (vark ribbetjies) en saam met die Snymans Leeupoort toe gaan.

Ek het nog net 3 vakke oor van die MBA en 'n skripsie, so as alles goedgaan behoort ek die graad voltooi te he teen November, moer bly daaroor want van die vakke begin my gat nou erg te krap. Hierdie semester is dit Change Management wat my teen die muur opjaag. Ek kasn met eerlikheid se al vakke wat ek werklik van waarde gevind het was Rekeningkunde, Koste rekeningkunde, Statistiek, Finansiele Bestuur, Kwantitatiewe besluitnemingsmetodes en Technology and Innovation. Die res is 'n klomp stront. Was dit die moeite werd? wel ek sal sien of my bemarkbaarheid enigsins verbeter het, maar persoonlik het ek nie vreeslik baat gevind uit die kursus uit nie.

Goedgaan, sal later weer 'n posting doen en hoop om uit te sort hoe mens 'n foto kan plaas.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home