smarties

Saturday, June 30, 2007

Scans van die 5e (en laaste) Smartie


Hierdie scans is op 12 weke geneem. Die Dokter reken die geboorte sal wees op die 28e Desember, maar ek glo egter dit sal eerste week in Januarie gebeur.


Die Wilde Ding het op Sodwana gebeur, so as dit 'n Dogtertjie is, moet ons haar seker Jessie noem (vir Jesserspoint) , vir 'n seuntjie seker dan Sarel vir "sodwana". Nie een van die twee staan my egter aan nie. Wat van Smartryk Smith, rym ook nogal mooi.

Vadersdag 2007



My Vadersdag kaarte vir 2007.

Kinders in die modder

Fotos wat ek ondek het op 'n ou CD van Carina en Mia. Mens wens soms hulle wil nie so vinnig grootword nie. Lekker fotos om hulle eendag mee te teister as hulle groot is. As hulle nie wil luister nie, dan dreig mens net dat die fotos vir die boyfriends gewys gaan word !

Jong Skilder



Hier is 'n foto van die 12 - jarige seun wat die olieverf skildery gedoen het van Carina en Mia. Die mannetjie doen ongelooflike mooi pastel en houtskool sketse. Hy het nog nooit enige formele opleiding ondergaan nie en verkoop sy goed op straat. Regtig hartseer dat sulke rou, natuurlike talent tien teen een sal vergaan hier in Kabul. Die mannetjie hoogs intelligent en praat vlot Engels, ek hoop regtig hy kry dit reg om eendag sy omgewing te ontsnap en en te land in 'n plek waar hy 'n beter toekoms sal he.

Sneeu in Kabul



Hierdie foto is in Maart geneem deur Peet Snyman. Kabul le in 'n holte omring deur berge. Vir meer as 6 maande van die jaar is die berge bedek met sneeu. Dit is nogal 'n ongelooflike gesig om met 'n vliegtuig oor die berge te vlieg, veral in middel winter wanneer die temperatuur val tot - 13 grade C in die aande.

Kabul Boere-braai