smarties

Monday, April 17, 2006

Vreemde motor....

http://www.youtube.com/watch?v=fucORHP1K6s

Hierdie is 'n "webcast" van 'n kar wat ek afgeneem het, kyk mooi na die venster voor, dit is solied tot verby die deure, ek kon nie uitwerk hoe mens in die kar in en uitklim nie.

Prys van 'n Camry



Kyk wat kos die 2007 Camry XLE, in Rand waarde ongeveer R 145,000. Ek glo in SA sal dieselfde kar ong 3 keer duurder wees. Maak mens lus om te huil, ek het die Corolla amper 3 jaar terug vir R10,000 meer as dit gekoop.

Foto's van 'n paar wilde karre







Saturday, April 15, 2006




LINKS: meeste motors het hierdie funksie gehad waar DVD skerms in voertuie aangebring is, hier is die Jaguar met skerms in dei kopstukke ingebou.

REGS: Kan nie onthou wat hierdie was nie, maar lyk gevaarlik.... blyk ook te wees dat jy nie 'n halwe bees en pakkie hout van die plaas af kan bring as jy rondry met so 'n kar nie want hy is maar beknop aan die binnekant. Meeste moters het ook Sirius sateliet radios in.

Seker ook die naaste wat ek aan 'n Range Rover sal kom, hier is die nuwe weergawe, wat lekker van die skou was dat jy in die meeste van die motors kon inklim en rondkarring aan die knoppies en geite.

Camry en Corolla




Hier is die nuwe Toyota Corolla en Camry (rooi een) vir 2007. Die insrumente paneel (dashboard??) lyk maar dieselfde as hierdie jaar se modelle.

Saturday, April 08, 2006

Video